
=====================================================================
ONS LESERS SKRYF (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'n Taalherinnering

Nora Hawkins,   Sedgefield.

AS senior dosent van Afrikaans vir Indirstudente aan die Springfield Kollege in Durban (studente wat tot en   met matriek sou klas gee) 
het ek die derdejaarklas in 1977 Kaapstad toe geneem. Per trein: ek tweede klas; hulle tweede klas bespreek! Van die negentien was vier 
Moesliems, een Goedjaratisprekend, een Katoliek, een Protestant en die res Hindi- en Tamilsprekend. Almal tussen 21 en 25 jaar oud. Ek was 
wit, Protestant en AFRIKAANS.

Van meet af het ek uitsluitlik Afrikaans met my studente gepraat -- nooit vertaal nie. En slegs gehr as hulle met my Afrikaans praat. 
Teen 1977 het dit vlot en flink gegaan. Teen hul derde jaar het hulle al kennis gemaak met van die beste prosa, drama en posie in 
Afrikaans.

Ek wou vir hulle binne twee weke wys hoe gewone Afrikaners lyk, praat en hulle gedra. Hulle moes weet waar Afrikaans sy oorsprong gehad 
het. In 1977 was dinge nog lank nie oop vir alle rasse nie. Maar voortvarend was/is my middelnaam! En ons ontvangs was toe oral: gul!

Die vorige jaar het ons knaend geld bymekaargemaak en verblyf probeer rel. Toe kry ons huisvesting in 'n le Moesliemgebou langs 'n moskee 
in Rylands vir al negentien plus een van ons. Ons het op die vloer geslaap; op 'n oliestofie en in een GROOT kastrol kos gemaak; ons het 
oral bus gery (op Klipfontein Weg en die Parade geboer).

Eendag het ons per trein gaan kyk hoe Nasionale Boekdrukkery boeke   mk. As gaste van die Stellenbosse Boerewynmakery het ons per   
toerbussie en met 'n gids 'n hele dag in Stellenbosch deurgebring: ons het alle besienswaardighede besoek en op 'n geskiedkundige plaas 'n 
koffietafel geniet; en onder die groot eikebome voor Nederburg is 'n wonderlike buitelugete aan ons voorgesit. Di middag kon ons by Oude 
Libertas vir prof. W.E.G. Louw en W.A. de Klerk onthaal. Die studente het spontaan onder mekaar gekoukus en toe een van D.J. Opperman se 
verse in koorspraak vir prof. Louw voorgedra. My trane het geloop en prof. Louw het ook sakdoek uitgehaal.

Verder het ons die Kasteel en die Kompanjiestuin besoek, en op 'n besonderse aand 'n uitnodiging van die Minister van Indirsake ontvang om 
die opening van die Parlement by te woon -- met koffie in sy kantoor!

Wat vir die studente een reeks wonderwerke was, was vir die Kapenaars 'n openbaring. So 'n klomp pragtige jong Indirs wat met gemak 
Afrikaans praat; so goedgemanierd; so mooi aangetrek!

Die reis het drie interessante resultate opgelewer: Twee van die groep het gevra om in Kaapse skole geplaas te word.

Sowat 'n maand later ontvang ons 'n groot geraamde foto van die Taalmonument (toe ons op 'n dag Franschhoek en Dal Josafat en die Monument 
besoek het) met 'n brief van waardering en goeie wense en onderteken deur die argitek -- vir ons argief!

'n Blanke senior skoolinspekteur, voorheen 'n kollega van my en in daardie stadium in die personeel van die Natalse Onderwysdepartement, 
bel my 'n ruk later by die huis en spreek my vurig aan omdat ek "nou ons Afrikaners se laaste vesting, ons taal", afbreek.

Ek en my man is afgetree. Van my studente besoek ons. Dit gaan goed -- veral met sulke herinneringe.

Ywerige leerders van Marchand

Ywerige leerders van Marchand: Die Stigting vir Afrikaans is waarskynlik die enigste geletterdheidsbedryf in die land wat in die 
vakansiemaand Julie nie minder nie as vyf nuwe lewenskragtige projekte gestig het: Marchand, Putsonderwater, Friersdale, Lamprechtsdrif en 
Philandersbron. Alle eer aan die kordineerder, mev. Chrissie Jacobs   van Upington.

Terug na bo     Foto: Ywerige leerders van Marchand

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av546.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

